'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak jou klaar en gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Dit is 'n stil pad. Filippus het toe klaargemaak en gegaan. 'n Ontmande Etiopiër wat 'n hoë pos beklee het aan die hof van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is, en wat haar geldsake beheer het, het na Jerusalem toe gekom om te aanbid. Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.” Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër antwoord: “Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?” Hy het Filippus gevra om op te klim en by hom te kom sit.
Lees HANDELINGE 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: HANDELINGE 8:26-31
5 dae
God maak ons deel van 'n groot, diverse familie. Hoe lewe ons as gelowiges in só ‘n familie en hoe kan ons meer van God in mekaar leer sien? Hierdie 5-dag leesplan help jou om meer van God in ons diversiteit te sien vanuit die Bybel.
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
15 Days
The Bible is full of stories and storytellers. This series talks about some of them, including the ultimate storyteller, Jesus. It also gives great insight into how to become a storyteller in your own life!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's