Wie ’n goeie vrou het, het iemand wat baie kosbaar is. Sy is baie meer werd as die duurste juwele. Haar man reken op haar en sy beteken baie vir hom. Haar hele lewe lank is sy goed vir hom. Wat nodig is vir die huis, dit kry sy. Sy verrig haar dagtaak met vreugde. Sy sal selfs ook buite die huis gaan werk om nog beter vir haar gesin te sorg. Vroegoggend staan sy op om haar gesin te versorg. Vir elkeen het sy ’n taak vir die dag. Sy het ’n oog vir ’n winskopie, maar sy dink mooi voor sy koop. Die geld wat sy so spaar, belê sy versigtig. Vir harde werk is sy nie bang nie! Wat sy aanpak, maak sy klaar. Die kanse wat die lewe haar bied, gryp sy met albei hande. Sy sal tot laat in die nag werk om haar drome waar te maak. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy doen wat sy moet doen. Vir die armes gee sy kos en die behoeftiges help sy. As die winter kom, voel sy gerus. Sy weet haar gesin het genoeg warm klere vir die koue. Baie van die mooi goed in haar huis het sy self gemaak. Haar pragtige klere is ook handgemaak. Omdat sy so bekwaam is, word haar man ook geëer. Almal ken hom. As hy by belangrike mense is, weet hulle wie hy is. Met vaardigheid maak sy klere en verkoop dit. Mense koop graag haar handewerk.
Lees Spreuke 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 31:10-24
7 dae
Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.
8 Dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? Oor die volgende ag dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
8 dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
9 Days
Taken from the book, Giving It All Away…and Getting It All Back Again, David Green, founder and CEO of Hobby Lobby, shares that a generous life pays the best rewards personally, offers a powerful legacy to your family, and changes those you touch.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's