'n Knap vrou, wie sal haar vind? Ver bo korale is haar waarde. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan besittings sal dit hom nie ontbreek nie. Sy doen goed aan hom en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe. Sy soek wol en linne uit, en werk met ywerige hande. Sy is soos die skepe van 'n handelaar, van ver af bring sy haar brood in. Sy staan op terwyl dit nog nag is; sy voorsien voedsel vir haar huisgesin, en porsies vir haar diensmeisies. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit; met die verdienste van haar hande plant sy 'n wingerd. Daadkragtig omgord sy haar heupe; sy steek haar hande uit haar moue. Sy merk dat sy goeie wins maak; snags gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Haar handpalms strek sy uit na magteloses; haar hande steek sy uit na behoeftiges. Sy is nie bekommerd oor haar huisgesin wanneer dit sneeu nie, want haar hele gesin is geklee in karmosynrooi weefstof. Sy maak vir haar dekens; haar bokleed is van linne en purperrooi wol. Haar man is bekend in die stadspoorte wanneer hy saam met die oudstes van die land sit. Sy maak klere van linne en verkoop dit; gordels lewer sy aan die handelaars.
Lees Spreuke 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 31:10-24
7 dae
Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.
8 Dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? Oor die volgende ag dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
8 dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
9 Days
Taken from the book, Giving It All Away…and Getting It All Back Again, David Green, founder and CEO of Hobby Lobby, shares that a generous life pays the best rewards personally, offers a powerful legacy to your family, and changes those you touch.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's