Wees gehoorsaam aan God en net aan Hom. Verklaar die duiwel vyand nommer een in jou lewe en gee hom nie ’n enkele kans nie. Hy sal dan van jou af padgee omdat hy niks kan regkry nie. Julle moet God se hand al hoe stywer vashou; dan sal Hy júlle hand ook al hoe stywer vashou. As julle verkeerde dinge doen, hou op daarmee. Hou op om aan die een kant God te wil dien en aan die ander kant nog met julle sondes aan te gaan. Gee net vir God plek in julle lewe. Wees hartseer oor alles wat julle verkeerd gedoen het. Moenie dink julle verkeerde lewe is sommer niks nie. Dit is iets waaroor julle baie sleg moet voel. Julle behoort daaroor te huil. Vee die glimlag van selftevredenheid van julle gesig af en wys hoe jammer julle oor julle sondes is. In plaas van die lag van vrolikheid moet daar die traan van skuld en rou wees. Buig baie laag voor die Here. Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef. God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ’n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan.
Lees Jakobus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 4:7-10
5 Days
When the devil knocks, you don’t always hear it. Right? He’d rather sneak in an open door. He’s the deceiver, destroyer, and accuser who will do anything to cover up God’s love and truth. He didn’t want this Life.Church Bible Plan written, and He definitely doesn’t want you or your LifeGroup to read it. But that’s another battle God's about to win.
7 Days
Life has a way of getting us down. Whether it’s the loss of a job, a financial crisis, or a broken relationship, each of us knows the taste of disappointment. Knowing how to bounce back from these struggles is vital if we are to fully experience God’s provision and grace in our lives. In this series, Dr. Evans provides the biblical foundation for learning how to handle disappointment in our everyday lives.
That perfect relationship you admire one image at a time may not be so picturesque in real life. Right? So, what kind of relationship goals actually work? This Life.Church Bible Plan, written by people ranging from long-married, to single, to newlyweds, will point to the kind of love God can offer for all our relationships.
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's