2 Korintiërs 7:5-7

2 Korintiërs 7:5-7 DB

Julle onthou mos dat ek vroeër in die brief vir julle vertel het hoe ek van Troas af na Masedonië gegaan het, want ek het gehoop om Titus daar raak te loop. Toe ek daar aankom, het ’n klomp probleme op my gewag. Van buite het geweld my in die gesig gestaar en van binne het vrees my oorval. Maar toe gebeur daar ’n wonderwerk. Weet julle, ons groot God wat in staat is om mense op te tel wat in die stof lê, het my ook kom optel uit die diep put waarin ek was. Hy het my bekommernis in ’n oogwink weggevat toe Titus skielik daar opdaag. Hoe bly was ek toe Titus my vertel hoe julle hom met oop arms ontvang en hoe julle hom opgebeur het! Titus het my ook vertel dat julle na my verlang. En hy het bygevoeg dat julle jammer is oor alles wat vroeër tussen ons skeefgeloop het en dat julle oor my bekommerd is. Ek kan nie vir julle sê hoe bly ek was oor dié goeie nuus nie.