2 KORINTIËRS 7:5-7
2 KORINTIËRS 7:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Want toe ons in die provinsie Masedonië gekom het, het ons nooit tyd gehad om te rus nie. Mense het ons laat swaarkry op baie maniere. Hulle het met ons baklei, en ons was bang. Maar God troos mense wat swaarkry en wat nie weet hoe om hulleself te help nie. Hy het ons getroos toe Titus daar aangekom het. God het ons getroos, maar nie net omdat Titus daar aangekom het nie, ook omdat julle vir Titus getroos het. Titus het vir ons vertel dat julle verlang na ons, hy het vertel dat julle jammer is dat daar probleme gekom het tussen julle en my, en dat julle graag die probleme wil regmaak. Ek was baie bly hieroor.
2 KORINTIËRS 7:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ook toe ons in Macedónië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge. Maar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus; en nie deur sy koms alleen nie, maar ook deur die troos waarmee hy oor julle getroos is, deurdat hy aan ons berig gebring het van julle verlange, julle verdriet, julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het.
2 KORINTIËRS 7:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe ons in Masedonië gekom het, het ons geen rus of duurte gehad nie. Van alle kante was daar druk op ons: van buite onenigheid, van binne sorge. Maar God wat die neerslagtiges opbeur, het ons ook opgebeur deur die koms van Titus, en nie net deur sy koms nie, maar ook omdat julle hom opgebeur het. Hy het vertel van julle begeerte om ons te sien, en dat julle jammer is oor wat gebeur het en my nou ywerig verdedig. Dit alles het my nog blyer gemaak.
2 KORINTIËRS 7:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want selfs nadat ons in Macedonië gekom het, het ons liggaamlik geen rus gehad nie, en het ons van alle kante verdrukking ervaar – van buite aanslae, en van binne angs. Maar God, wat die neerslagtiges bemoedig, het ons bemoedig deur die koms van Titus – en nie net deur sy koms nie, maar ook deur die bemoediging waarmee hy oor julle bemoedig is. Hy het ons kom vertel van julle verlange, van julle berou, van julle ywer vir my, sodat ek my nou nog meer verheug.
2 KORINTIËRS 7:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want toe ons in Macedónië ingekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons was van alle kante ontsteld; buite was gevegte, binne was vrese. Maar God, wat die wat neergewerp is, vertroos, het ons getroos deur die koms van Titus; En nie alleen deur sy koms nie, maar deur die vertroosting waarmee Hy in julle vertroos is, toe Hy ons vertel het van julle innige begeerte, julle rou, julle vurige gemoed teenoor my; sodat ek my des te meer verheug het.
2 KORINTIËRS 7:5-7 Die Boodskap (DB)
Julle onthou mos dat ek vroeër in die brief vir julle vertel het hoe ek van Troas af na Masedonië gegaan het, want ek het gehoop om Titus daar raak te loop. Toe ek daar aankom, het ’n klomp probleme op my gewag. Van buite het geweld my in die gesig gestaar en van binne het vrees my oorval. Maar toe gebeur daar ’n wonderwerk. Weet julle, ons groot God wat in staat is om mense op te tel wat in die stof lê, het my ook kom optel uit die diep put waarin ek was. Hy het my bekommernis in ’n oogwink weggevat toe Titus skielik daar opdaag. Hoe bly was ek toe Titus my vertel hoe julle hom met oop arms ontvang en hoe julle hom opgebeur het! Titus het my ook vertel dat julle na my verlang. En hy het bygevoeg dat julle jammer is oor alles wat vroeër tussen ons skeefgeloop het en dat julle oor my bekommerd is. Ek kan nie vir julle sê hoe bly ek was oor dié goeie nuus nie.
2 KORINTIËRS 7:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. Nie net deur sy teenwoordigheid nie, maar ook deur die manier waarop julle hom bemoedig het. Hy het ons vertel van julle ernstige begeerte, julle berou, asook julle ywer vir my. Daarom is ek nog meer opgewonde.