Hanna het gebid en gesê: Ek is opgewonde oor wat U, Here, gedoen het. U, Here, het my sterk gemaak. Ek lag as ek aan my vyande dink. Ek is so bly dat U my gehelp het! Daar is geen god soos U nie. Ja, daar is geen god buiten U nie. Daar is nie nog ’n rots soos ons God nie. Mense moet ophou met hulle grootpratery, met hulle astrante woorde. Die Here weet alles; Hy kyk wat die mense doen. Die boë van die sterk mense is gebreek, maar die swak mense wat wou val, is nou sterk. Die mense wat baie kos gehad het, moet nou werk vir ’n bietjie kos, en dié wat honger was, is heeltemal versadig. Die vrou wat nie kon kinders kry nie, het nou sewe kinders, en met die een wat baie kinders gehad het, gaan dit sleg. Die Here maak dood en Hy maak lewendig. Hy laat mense afgaan in die graf en Hy laat mense daaruit opstaan. Die Here maak arm en Hy maak ryk. Hy verneder en Hy verhoog. Hy laat onbelangrike mense uit die stof opstaan; Hy tel die armes van die ashoop af op. Hy laat hulle by belangrike mense sit; Hy gee hulle ’n spesiale plek. Dit is seker: die pilare van die aarde is die Here s’n; Hy maak die aarde daarop vas. Hy help dié wat aan Hom getrou is, dat hulle nie val nie, maar slegte mense se lewe eindig in die donker. ’n Mens word nie met jou eie krag ’n held nie; die Here slaan dié wat Hom teëgaan stukkend. In die hemel dreun die stem van die hoë God; die Here is regter oor die hele wêreld. Hy gee mag aan die koning wat Hy kies; Hy maak sy gesalfde sterk.
Lees 1 Samuel 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 2:1-10
4 Days
Far too often, life’s challenges and questions cause people to fight feelings of doubt and despair, as they search endlessly for hope. In Singing in the Dark, Ginny Owens introduces the reader to powerful ways of drawing closer to God and how the elements of music, prayer, and lament offer rich, vibrant, and joyful communion with Him, especially on the darkest days.
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's