Hanna het gebid en gesê: “My hart juig in die HERE, ek is sterk in die HERE. Ek maak my mond wyd oop teenoor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. “Niemand is heilig soos die HERE nie, ja, daar is niemand buiten U nie; daar is geen rots soos ons God nie. Julle moet nie verwaand bly praat nie, nie vermetele woorde oor julle lippe laat kom nie; want 'n God van kennis is die HERE; deur Hom word dade geweeg. “Die boë van helde is verpletter, maar dié wat struikel, omgord hulleself met krag. Hulle wat versadig was, verhuur hulleself vir brood, maar hulle wat honger was, het oorvloed. Selfs die onvrugbare gee geboorte aan sewe, maar die vrou met baie seuns kwyn weg. “Die HERE maak dood en Hy maak lewend; Hy laat na die •doderyk afdaal en Hy laat daaruit opkom. Die HERE maak arm en Hy maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy. Hy laat armes uit die stof opstaan, van die ashoop af hef Hy behoeftiges op om hulle by vooraanstaandes te laat sit en 'n ereplek hulle erfdeel te maak. Ja, aan die HERE behoort die fondamente van die aarde, Hy het die wêreld daarop geplaas. “Die voete van sy troue volgelinge beskerm Hy, maar goddeloses – in duisternis word hulle vernietig. “Ja, dit is nie deur krag dat iemand seëvier nie. Die HERE – wie teen Hom te staan kom, word verpletter; oor hulle laat Hy dit dreun uit die hemel. Die HERE spreek reg tot by die uithoeke van die aarde. Hy gee krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde. ”
Lees 1 Samuel 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 2:1-10
4 Days
Far too often, life’s challenges and questions cause people to fight feelings of doubt and despair, as they search endlessly for hope. In Singing in the Dark, Ginny Owens introduces the reader to powerful ways of drawing closer to God and how the elements of music, prayer, and lament offer rich, vibrant, and joyful communion with Him, especially on the darkest days.
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's