Toe het Hanna gebid: “My hart is bly in die HERE! Kyk hoe het die HERE my geseën! Nou kan ek my vyande antwoord terwyl ek my verbly oor u verlossing. Niemand is heilig soos die HERE nie! Niemand is u gelyke nie; daar is geen Rots soos ons God nie. “Hou op om so hoogmoedig en trots te wees! Moenie met sulke verwaandheid praat nie! Die HERE is ’n God wat weet van al jou dade; Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het. Hulle wat magtig was, is dit nie meer nie; en hulle wat swak was, is nou sterk. Hulle wat goed geëet het, ly nou honger; en hulle wat honger was, is nou versadig. Die kinderlose vrou het nou sewe kinders, maar die vrou met baie kinders kwyn weg. Die HERE laat doodgaan en laat lewe; Hy bring sommige na die graf, maar wek ander weer op. Die HERE maak een arm en die ander ryk; Hy trek een af en lig ’n ander op. Hy verhef die minderwaardige uit die stof, die behoeftige uit die ashoop! Hy behandel hulle soos prinse en laat hulle op ereplekke sit. “Die onwankelbaarheid van die aarde kom van die HERE. Daarop het Hy die wêreld gebou. Hy beskerm die getroues op hulle lewenspad, maar die goddeloses word in die graf stilgemaak. Dis nie deur eie krag dat ’n mens oorwin nie. Hulle wat die HERE weerstaan, sal vernietig word. Uit die hemel sal Hy sy donderende stem teen hulle laat hoor. Die HERE oordeel oor die hele aarde. Hy gee sterkte aan sy koning; en Hy gee krag aan sy gesalfde.”
Lees 1 SAMUEL 2
Luister na 1 SAMUEL 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 SAMUEL 2:1-10
4 Days
Far too often, life’s challenges and questions cause people to fight feelings of doubt and despair, as they search endlessly for hope. In Singing in the Dark, Ginny Owens introduces the reader to powerful ways of drawing closer to God and how the elements of music, prayer, and lament offer rich, vibrant, and joyful communion with Him, especially on the darkest days.
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's