As julle onder straf deurloop omdat julle verbrou het, het julle dit mos verdien. As julle egter niks verkeerds gedoen het nie en nogtans gestraf word, lyk die prentjie anders. As julle nie dan self lelik begin optree nie, maar die onbillike optrede van julle werkgewer met goeie dade te bowe kom, doen julle iets waarop God trots sal wees. As Christene word daar van julle verwag om soos Jesus te leef. Hy het vir julle ’n voorbeeld gestel hoe julle moet leef. Leef soos Hy geleef het. Onthou dan, Hy het vir julle gely en nooit iets gedoen waarvan God nie gehou het nie. Wat Hy gesê het, kan julle maar altyd glo. Hy het mense wat lelike dinge vir Hom gesê het, nie terugbeledig nie. Toe hulle Hom seergemaak het, het Hy nie gesê dat Hy hulle gaan terugkry nie. Hy was tevrede om alles in God se hande te los. God sal daarvoor sorg dat wat moet gebeur, sal gebeur. Jesus het aan die kruis gesterf. Dit het Hy gedoen om die skuld uit die weg te ruim wat julle voor God opgegaar het deur al die verkeerde dinge wat julle gedoen het. Hy wil egter graag hê dat julle reg sal leef soos God van julle verwag en dat julle nie verkeerde dinge sal doen nie. Om dit so te stel: omdat Jesus vir julle gely het, hoef julle nie self vir julle sonde voor God te betaal nie. Nee, julle hoef slegs voluit vir God te leef. Julle was soos skape wat verdwaal het, maar nou het julle julle pad terug gekry tot by julle Skaapwagter. Hy sal julle goed oppas en mooi vir julle sorg.
Lees 1 Petrus 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Petrus 2:20-25
5 Days
Repentance is one of the key actions we all take in coming to know Christ as our personal Savior. Repentance is our action and forgiveness is God's reaction to us out of His perfect love for us. During this 5-day reading plan, you will receive a daily Bible reading and a brief devotional designed to help you better understand the importance of repentance in our walk with Christ. For more content, check out www.finds.life.church
This Life.Church Bible Plan is a study of 1 Peter to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, Different. In this world, you’ll have struggles. You’ll face opposition. You’ll be challenged. And there’s a reason for that: this world is not your home. So answer hate with love, find joy in the midst of trials, and rely on a strength beyond yourself. You’re meant to be … different .
6 Days
There’s someone strong, wild, and full of courage inside ready to get up and fight for what matters. This Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, Warrior, will call you to find purpose, defy hesitation, heal from wounds, fight addiction, and rise up a champion.
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's