Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.
Lees EFÉSIËRS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFÉSIËRS 2:8-22
3 Days
What is baptism? Should I get baptized? Why is it important? Do I have to get baptized to be a Christian? Whether you have questions about baptism or you’re simply looking for a short devotional to read before or after being baptized, this Life.Church Bible Plan is perfect for starting today.
Do you deeply feel your need for Jesus? This three-day plan for prayer is designed to enhance your time alone with Him and help you cry out to Him. It also serves as a companion prayer to the eight-part "Jesus, I Need You" series by Thistlebend Ministries.
3 Dae
Gered deur Genade is ’n daaglikse oordenking wat God se genade verken. Ons kyk na die rykdom van God se liefde, die gawe van verlossing in genade deur geloof, en die goeie werke wat Hy vooraf vir elkeen van ons voorberei het om te doen. Laat ons saam groei in ons begrip van God se wonderlike genade.
5 Days
When the devil knocks, you don’t always hear it. Right? He’d rather sneak in an open door. He’s the deceiver, destroyer, and accuser who will do anything to cover up God’s love and truth. He didn’t want this Life.Church Bible Plan written, and He definitely doesn’t want you or your LifeGroup to read it. But that’s another battle God's about to win.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's