Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. Van geboorte was julle heidene, en julle is “onbesnedenes” genoem deur dié wat hulleself “die besnedenes” noem, al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam. In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos 'n muur skeiding gemaak het. Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef, en deur vrede te maak, het Hy in Homself dié twee, Jode en nie-Jode, tot een nuwe mensheid verenig. Deur sy dood aan die kruis het Hy 'n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig. Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was. Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot 'n heilige tempel vir die Here, in wie julle ook saam opgebou word as 'n geestelike huis waarin God woon.
Lees EFESIËRS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 2:8-22
3 Days
What is baptism? Should I get baptized? Why is it important? Do I have to get baptized to be a Christian? Whether you have questions about baptism or you’re simply looking for a short devotional to read before or after being baptized, this Life.Church Bible Plan is perfect for starting today.
Do you deeply feel your need for Jesus? This three-day plan for prayer is designed to enhance your time alone with Him and help you cry out to Him. It also serves as a companion prayer to the eight-part "Jesus, I Need You" series by Thistlebend Ministries.
3 Dae
Gered deur Genade is ’n daaglikse oordenking wat God se genade verken. Ons kyk na die rykdom van God se liefde, die gawe van verlossing in genade deur geloof, en die goeie werke wat Hy vooraf vir elkeen van ons voorberei het om te doen. Laat ons saam groei in ons begrip van God se wonderlike genade.
5 Days
When the devil knocks, you don’t always hear it. Right? He’d rather sneak in an open door. He’s the deceiver, destroyer, and accuser who will do anything to cover up God’s love and truth. He didn’t want this Life.Church Bible Plan written, and He definitely doesn’t want you or your LifeGroup to read it. But that’s another battle God's about to win.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's