II KORINTHIËRS 1:18-20

II KORINTHIËRS 1:18-20 AFR53

So waar as God getrou is — ons woord tot julle was nie ja en nee nie! Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom. Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.