Nagum 1
1
1Die profetiese visioen oor Ninveh. Die boekrol van die visioen van Nagum, die Elkoshiet.
2’n Jaloerse en wraaknemende God is יהוה; יהוה is wrekend en toornig. יהוה neem wraak op Sy teëstanders en Hy reserveer toorn vir Sy vyande.
3יהוה is stadig om kwaad te word en groot van krag en יהוה sal nooit die bose vryspreek nie. Eks 34:6; Yo’ 2:13; Yon 4:2; Ps 145:8; Neg 9:17 יהוה se pad is in die warrelwind en storm en wolke is die stof onder Sy voete.
4Hy bestraf die see en maak dit droog; Hy droog al die riviere op. Bashan en Karmel kwyn weg en die bloeisels van L’vanon verwelk.
5Die berge skud in Sy Teenwoordigheid en die heuwels breek los. Die aarde bewe in Sy Teenwoordigheid, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.
6Wie kan staan voor Sy verontwaardiging? Wie kan die branding van Sy toorn verdra? Sy toorn word uitgegiet soos vuur en die rotse word deur Hom opgebreek.
7יהוה is goed, ’n Vesting in die dag van moeilikheid en Hy ken die wat by Hom skuil, 2 Tim 2:19
8maar met ’n oorstromende vloed sal Hy ’n volkome einde maak aan die plek van Sy vyande en duisternis sal Sy vyande agtervolg.
9Wat julle ook al beraam teen יהוה, Hy sal ’n volledige einde maak daaraan. Benoudheid sal nie twee maal opstaan nie.
10Soos ineengevlegte dorings en soos hulle wat dronk is van hulle drank, is hulle verteer, soos stoppels volkome verwelk.
11Vanuit jou het een uitgegaan wat boosheid teen יהוה beraam het, ’n bose raadgewer.
12So sê יהוה: “Alhoewel hulle volsterkte is en ook baie, nogtans sal hulle afgesny word en vergaan. Alhoewel Ek jou beproef het, sal Ek jou nie meer beproef nie.
13Nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe afskeur.”
14יהוה het ’n bevel uitgevaardig aangaande jou: “Jou naam sal nie langer verewig word nie. Ek sal afgod en beeld uit die huis van jou gode uitroei. Ek sal jou graf voorberei, want jy is veragtelik.”
15Let op, op die berge is die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid aankondig! Vier jou vasgestelde feeste, o Y’hudah; betaal jou geloftes, want die bose sal nooit weer teen jou oortree nie, want hy is volkome vernietig!
Tans Gekies:
Nagum 1: SPC
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.