Nagum 2
2
1Die een wat verwoes, het teen jou opgekom. Beman die vesting, hou die pad dop; versterk jou rug, maak al jou sterkte bymekaar,
2want יהוה sal die lof en eer van Ya’akov herstel soos die lof en eer van Yisra’el, alhoewel verwoesters hulle verwoes en hulle wingerde vernietig het.
3Die skilde van sy magtige manne is rooi, die soldate is aangetrek in skarlaken, die strydwaens is in skitterende staal wanneer hy gereed is en die sipresspiese word geswaai.
4Die strydwaens jaag wild in die strate, hulle snel wild voort oor die pleine; hulle voorkoms is soos fakkels, hulle skiet heen en weer soos weerligstrale.
5Hy onthou sy vername manne; hulle struikel in hul mars; hulle hardloop na haar muur en die skerm word opgerig.
6Die poorte van die stede word oopgemaak en die paleis smelt weg.
7Dit is bevestig: sy word gestroop, sy word weggevoer en haar slavinne kla soos die klank van duiwe, slanend op hulle borste.
8Alhoewel Ninveh soos ’n poel water was regdeur haar dae, nou vlug hulle: “Stop, stop,” maar niemand draai terug nie.
9Plunder die silwer! Plunder die goud, want daar is geen einde aan die skatte nie; rykdom van elke soort begeerlike voorwerp!
10Sy is leeg gemaak! Ja, sy is verlate en verwoes! Binnestes smelt en knieë klap, angs is in die hele liggaam en al die gesigte word bleek!
11Waar is die lêplek van die leeus en die voedingsplek van die jong leeus, waar die leeu, die leeuin en die welpies rondgeloop het met niks wat hulle steur nie?
12Die leeu het genoeg vir sy kleintjies verskeur, genoeg vir sy leeuinne doodgemaak en sy lêplekke met prooi gevul en sy blyplekke met verskeurde vleis.
13“Let op, Ek is teen jou,” verklaar יהוה-Tzva’ot. “Ek sal jou strydwaens in rook laat opgaan, ’n swaard sal jou jong leeus verslind; Ek sal jou prooi afsny van die land af en die stem van jou boodskappers sal nie meer gehoor word nie.”
Tans Gekies:
Nagum 2: SPC
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.