Eksodus 17
17
1Die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het, volgens die bevel van יהוה, uitgetrek op hulle reis uit die wildernis van Sien en kamp opgeslaan in Refidim. Daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2Die volk het daarom met Mosheh geargumenteer en gesê: “Gee vir ons water om te drink.” Mosheh antwoord hulle: “Wat argumenteer julle met my? Waarom toets julle יהוה?”
3Die volk het daar gesmag na water en het teen Mosheh gebrom en gesê: “Waarom het u ons uit Mitzrayim laat optrek om ons, ons seuns en ons vee van dors te laat doodgaan?”
4Mosheh het uitgeroep na יהוה en gesê: “Wat moet ek met hierdie volk doen? Hulle is amper gereed om my te stenig.”
5יהוה antwoord Mosheh: “Gaan verby, voor die volk uit en vat van die oudstes van Yisra’el saam met jou. Vat ook in jou hand die staf, waarmee jy die rivier (Nyl) geslaan het, saam en gaan.
6Let op, Ek sal daar voor jou op die rots by Horev staan en jy moet die rots slaan en daar sal water uitkom sodat die volk kan drink.” Mosheh het so gedoen voor die oë van die oudstes van Yisra’el.
7Hy het die plek Massah en M’rivah genoem vanweë die stryery van die seuns van Yisra’el en omdat hulle יהוה getoets het deur te sê: “Is יהוה tussen ons of nie?”
8`Amalek het gekom en by Refidim teen Yisra’el geveg. Deut 25:17; 1 Sh’m 15:2
9Mosheh het vir Y’hoshua gesê: “Kies sommige manne, trek uit en veg teen `Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.”
10Y’hoshua het gedoen soos Mosheh vir hom gesê het en teen `Amalek geveg en Mosheh, Aharon en Hur het opgeklim na die top van die heuwel.
11So het dit gebeur: terwyl Mosheh sy hand ophou, was Yisra’el die sterkste, maar as hy sy hand laat sak, was `Amalek die sterkste.
12Die hande van Mosheh het swaar geword, toe vat hulle ’n klip en sit dit onder hom sodat hy daarop kon sit en Aharon en Hur het sy hande ondersteun, die een aan die een kant en die ander aan die anderkant. So het sy hande dan stewig gebly tot sononder.
13Y’hoshua het `Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard verslaan.
14יהוה sê vir Mosheh: “Skryf dit as ’n herinnering in ’n boek en herhaal dit in die ore van Y’hoshua: Ek sal die gedagtenis van `Amalek heeltemal onder die hemel uitwis.” Deut 25:17; 1 Sh’m 15:2
15Mosheh het ’n altaar gebou en dit genoem: “יהוה-Nissi (יהוה-my-Banier)”
16en gesê: “Yah het gesweer! (Lett. Hand op die troon van Yah.) יהוה sal oorlog maak teen `Amalek van geslag tot geslag.”
Tans Gekies:
Eksodus 17: SPC
Kleurmerk
Deel
Vergelyk
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.