1 Yoganan 1
1
1Ons het aan julle die goeie boodskap verkondig van Hom wat vanaf die aanvang was. Hom wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien en ervaar het en met ons hande aangeraak het; Hy wat die boodskap van Lewe is.
2Die Lewe is openbaar en ons het gesien, ons getuig van en verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons openbaar is.
3Hy vir Wie ons gesien en gehoor het, openbaar ons ook aan julle sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê en ons gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun, Yeshua, Die Gesalfde Een.
4Ons skryf hierdie dinge aan julle sodat ons blydskap, wat in julle is, volmaak kan wees.
5Dít is die goeie boodskap wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is Lig en daar is absoluut geen duisternis in Hom nie. Yog 1:4-9
6As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en ons loop in duisternis, dan lieg ons en is ons nie in die waarheid ingelig nie,
7maar as ons in die lig loop soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar en die bloed van Yeshua, Sy Seun, Yes 1:16-17; Mal 3:2-4 reinig ons van al ons sondes.
8As ons sou sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die Waarheid is nie in ons nie. Spr 20:9
9As ons ons sondes erken en laat staan, is Hy vertrouenswaardig en regverdig om ons ons sondes te vergewe en Hy sal ons van alle boosheid reinig. Ps 19:13-14; Ps 139:23-24
10As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot leuenaar en is Sy boodskap nie by ons nie.
Tans Gekies:
1 Yoganan 1: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.