Romeine 8:24-28

Romeine 8:24-28 CAB23

Want ons word gered deur hoop, maar hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat 'n mens sien, waarom hoop hy nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons met geduld daarop. Net so kom die Gees ook ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie; maar die Gees self pleit vir ons met onuitspreeklike sugtinge. En hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat hy volgens die wil van God vir die heiliges intree. En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid