Matteus 5:3-12

Matteus 5:3-12 CAB23

Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Geseënd is die wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word. Salig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid verkry. Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Geseënd is die wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek, om My ontwil. Verheug julle en wees baie bly, want julle loon is groot in die hemel; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle was.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid