Rut 1:19-22

Rut 1:19-22 AFR20

So het die twee van hulle toe aangestap tot hulle by Betlehem aangekom het. Toe hulle in Betlehem aankom, was die hele dorp in rep en roer oor hulle. Die vroue sê vir mekaar: “Is dit werklik Naomi?” Sy het vir hulle gesê: “Moet my nie Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het dit vir my baie bitter gemaak. Met 'n vol lewe is ek hier weg, maar die HERE het my leeg laat terugkom. Waarom my Naomi noem terwyl die HERE my teenstander geword het en die Almagtige my kwaad aangedoen het?” So het Naomi teruggekeer. Haar skoondogter, Rut die Moabiet, het saam met haar teruggekom uit die gebied van Moab. Hulle het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid