Romeine 15:1-7

Romeine 15:1-7 AFR20

Ons wat sterk is in die geloof, is verplig om die swakhede te dra van diegene wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. Laat elkeen van ons sy medemens behaag met die oog op wat vir hom goed is en hom kan opbou. •Christus het tog ook nie Homself behaag nie, maar, soos daar geskryf staan: “Die beledigings van hulle wat U beledig, het My getref.” Alles wat vroeër opgeteken is, is tog vir ons tot lering opgeteken, sodat ons hoop kan hê deur die volharding en die bemoediging wat ons uit die Skrif ontvang. En mag die God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring. Daarom, aanvaar mekaar, soos •Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.

Video vir Romeine 15:1-7

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 15:1-7