Psalms 46:1-12

Psalms 46:1-12 AFR20

Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied. God is vir ons 'n skuilplek en 'n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde. Daarom sal ons nie bang wees wanneer die aarde skud, en berge wankel in die hart van die see nie. Sy waters kan maar woed, kan maar skuim, berge kan maar bewe in sy dreuning. •Sela Daar is 'n rivier – sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste. God is in haar midde, sy sal nie wankel nie. God sal haar help wanneer die oggend aanbreek. Nasies was onstuimig, koninkryke het gewankel, Hy het sy stem laat hoor; die aarde sidder. Die HERE, Heerser oor alle magte, is met ons, 'n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons. Sela Kom kyk na die dade van die HERE, Hy wat skrikwekkende dinge op aarde doen, wat oorloë laat ophou tot aan die einde van die aarde. Boë breek Hy stukkend en Hy verpletter spiese; waens verbrand Hy in die vuur. “Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.” Die HERE, Heerser oor alle magte, is met ons, 'n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons. Sela

Versbeelde vir Psalms 46:1-12

Psalms 46:1-12 - Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied.

God is vir ons 'n skuilplek
en 'n bron van krag;
as hulp in benoudheid
is Hy altyd te vinde.
Daarom sal ons nie bang wees
wanneer die aarde skud,
en berge wankel in die hart
van die see nie.
Sy waters kan maar woed,
kan maar skuim,
berge kan maar bewe
in sy dreuning. •Sela

Daar is 'n rivier –
sy watervore verskaf vreugde
aan die stad van God,
die heiligste woonplek
van die Allerhoogste.
God is in haar midde,
sy sal nie wankel nie.
God sal haar help
wanneer die oggend aanbreek.
Nasies was onstuimig,
koninkryke het gewankel,
Hy het sy stem laat hoor;
die aarde sidder.
Die HERE, Heerser oor alle magte,
is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. Sela

Kom kyk na die dade van die HERE,
Hy wat skrikwekkende dinge
op aarde doen,
wat oorloë laat ophou
tot aan die einde van die aarde.
Boë breek Hy stukkend
en Hy verpletter spiese;
waens verbrand Hy in die vuur.

“Bedaar en erken dat Ek God is,
Ek is verhewe bo die nasies,
Ek is verhewe bo die aarde.”
Die HERE, Heerser oor alle magte, is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. SelaPsalms 46:1-12 - Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied.

God is vir ons 'n skuilplek
en 'n bron van krag;
as hulp in benoudheid
is Hy altyd te vinde.
Daarom sal ons nie bang wees
wanneer die aarde skud,
en berge wankel in die hart
van die see nie.
Sy waters kan maar woed,
kan maar skuim,
berge kan maar bewe
in sy dreuning. •Sela

Daar is 'n rivier –
sy watervore verskaf vreugde
aan die stad van God,
die heiligste woonplek
van die Allerhoogste.
God is in haar midde,
sy sal nie wankel nie.
God sal haar help
wanneer die oggend aanbreek.
Nasies was onstuimig,
koninkryke het gewankel,
Hy het sy stem laat hoor;
die aarde sidder.
Die HERE, Heerser oor alle magte,
is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. Sela

Kom kyk na die dade van die HERE,
Hy wat skrikwekkende dinge
op aarde doen,
wat oorloë laat ophou
tot aan die einde van die aarde.
Boë breek Hy stukkend
en Hy verpletter spiese;
waens verbrand Hy in die vuur.

“Bedaar en erken dat Ek God is,
Ek is verhewe bo die nasies,
Ek is verhewe bo die aarde.”
Die HERE, Heerser oor alle magte, is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. SelaPsalms 46:1-12 - Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied.

God is vir ons 'n skuilplek
en 'n bron van krag;
as hulp in benoudheid
is Hy altyd te vinde.
Daarom sal ons nie bang wees
wanneer die aarde skud,
en berge wankel in die hart
van die see nie.
Sy waters kan maar woed,
kan maar skuim,
berge kan maar bewe
in sy dreuning. •Sela

Daar is 'n rivier –
sy watervore verskaf vreugde
aan die stad van God,
die heiligste woonplek
van die Allerhoogste.
God is in haar midde,
sy sal nie wankel nie.
God sal haar help
wanneer die oggend aanbreek.
Nasies was onstuimig,
koninkryke het gewankel,
Hy het sy stem laat hoor;
die aarde sidder.
Die HERE, Heerser oor alle magte,
is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. Sela

Kom kyk na die dade van die HERE,
Hy wat skrikwekkende dinge
op aarde doen,
wat oorloë laat ophou
tot aan die einde van die aarde.
Boë breek Hy stukkend
en Hy verpletter spiese;
waens verbrand Hy in die vuur.

“Bedaar en erken dat Ek God is,
Ek is verhewe bo die nasies,
Ek is verhewe bo die aarde.”
Die HERE, Heerser oor alle magte, is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. SelaPsalms 46:1-12 - Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied.

God is vir ons 'n skuilplek
en 'n bron van krag;
as hulp in benoudheid
is Hy altyd te vinde.
Daarom sal ons nie bang wees
wanneer die aarde skud,
en berge wankel in die hart
van die see nie.
Sy waters kan maar woed,
kan maar skuim,
berge kan maar bewe
in sy dreuning. •Sela

Daar is 'n rivier –
sy watervore verskaf vreugde
aan die stad van God,
die heiligste woonplek
van die Allerhoogste.
God is in haar midde,
sy sal nie wankel nie.
God sal haar help
wanneer die oggend aanbreek.
Nasies was onstuimig,
koninkryke het gewankel,
Hy het sy stem laat hoor;
die aarde sidder.
Die HERE, Heerser oor alle magte,
is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. Sela

Kom kyk na die dade van die HERE,
Hy wat skrikwekkende dinge
op aarde doen,
wat oorloë laat ophou
tot aan die einde van die aarde.
Boë breek Hy stukkend
en Hy verpletter spiese;
waens verbrand Hy in die vuur.

“Bedaar en erken dat Ek God is,
Ek is verhewe bo die nasies,
Ek is verhewe bo die aarde.”
Die HERE, Heerser oor alle magte, is met ons,
'n toevlugsoord is die God
van Jakob vir ons. Sela

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 46:1-12