Psalms 37:1-11

Psalms 37:1-11 AFR20

Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor die kwaaddoeners nie; moenie afgunstig wees op hulle wat kwaadwillig optree nie, want soos gras verdor hulle vinnig, en soos groen plante verwelk hulle. Vertrou op die HERE en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid. Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer. Vertrou jou lewenspad aan die HERE toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree. Hy sal jou •geregtigheid soos die oggendlig laat verskyn en jou reg soos die middagson. Wees stil voor die HERE, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor 'n mens wat komplotte smee nie. Moenie kwaad word nie en laat vaar die woede; moet jou nie ontstel nie, dit bring net kwaad. Want kwaaddoeners sal vernietig word, maar wie op die HERE wag – hulle sal die land besit. Nog net 'n rukkie, dan sal daar geen goddelose meer wees nie. Jy sal sy plek dophou, maar hy sal nie daar wees nie. Die verdruktes sal die land besit en hulle verlustig in die oorvloed vrede.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 37:1-11

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid