Psalms 18:1-4

Psalms 18:1-4 AFR20

Vir die •musiekleier. Van die dienskneg van die HERE. Van Dawid. Hy het die woorde van hierdie lied vir die HERE voorgedra in die tyd toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. Hy het gesê: Ek het U lief, HERE, my sterkte! Die HERE is my rotsvesting, my bergskuiling, my bevryder. My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord. Die Een wat geloof moet word – roep ek uit – is die HERE! En van my vyande word ek verlos.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 18:1-4