Spreuke 1:7-19

Spreuke 1:7-19 AFR20

Ontsag vir die HERE is die begin van kennis; wysheid en vermaning – net sotte verag dit. My seun, luister na die vermaning van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie; want dit is 'n bekoorlike krans vir jou kop, en halssnoere vir jou nek. My seun, as sondaars jou wil verlei, moenie instem nie. As hulle sê: “Gaan saam met ons; laat ons 'n hinderlaag opstel vir bloedvergieting; laat ons 'n onskuldige voorlê sonder rede; laat ons, soos die •doderyk, hulle lewend verslind, volledig, soos dié wat afdaal in die put. Allerlei kosbare besittings sal ons vind; ons sal ons huise vol maak met buit. Deel jou lot met ons; ons sal almal net een beursie hê.” My seun, moenie saam met hulle op die pad gaan nie, hou jou voet terug van hulle paaie; want na die kwaad hardloop hulle voete; hulle is haastig om bloed te vergiet. Ja, tevergeefs word 'n net uitgesprei, waar elke voël met vlerke dit sien; maar hierdie manne stel 'n hinderlaag op vir hulle eie bloedvergieting; hulle stel 'n lokval vir hulleself! So verloop die lewenspad van elkeen wat onregverdige wins maak – dit kos die een wat dit verkry, sy lewe.

Versbeelde vir Spreuke 1:7-19

Spreuke 1:7-19 - Ontsag vir die HERE
is die begin van kennis;
wysheid en vermaning –
net sotte verag dit.

My seun, luister na die
vermaning van jou vader,
en moenie die onderrig van jou
moeder verontagsaam nie;
want dit is 'n bekoorlike krans
vir jou kop,
en halssnoere vir jou nek.
My seun, as sondaars jou wil verlei,
moenie instem nie.
As hulle sê:
“Gaan saam met ons;
laat ons 'n hinderlaag opstel
vir bloedvergieting;
laat ons 'n onskuldige voorlê
sonder rede;
laat ons, soos die •doderyk,
hulle lewend verslind, volledig,
soos dié wat afdaal in die put.
Allerlei kosbare besittings
sal ons vind;
ons sal ons huise vol maak met buit.
Deel jou lot met ons;
ons sal almal net een beursie hê.”
My seun, moenie saam met hulle
op die pad gaan nie,
hou jou voet terug van hulle paaie;
want na die kwaad
hardloop hulle voete;
hulle is haastig om bloed te vergiet.
Ja, tevergeefs
word 'n net uitgesprei,
waar elke voël met vlerke dit sien;
maar hierdie manne
stel 'n hinderlaag op
vir hulle eie bloedvergieting;
hulle stel 'n lokval vir hulleself!
So verloop die lewenspad
van elkeen wat onregverdige wins maak –
dit kos die een wat dit verkry,
sy lewe.Spreuke 1:7-19 - Ontsag vir die HERE
is die begin van kennis;
wysheid en vermaning –
net sotte verag dit.

My seun, luister na die
vermaning van jou vader,
en moenie die onderrig van jou
moeder verontagsaam nie;
want dit is 'n bekoorlike krans
vir jou kop,
en halssnoere vir jou nek.
My seun, as sondaars jou wil verlei,
moenie instem nie.
As hulle sê:
“Gaan saam met ons;
laat ons 'n hinderlaag opstel
vir bloedvergieting;
laat ons 'n onskuldige voorlê
sonder rede;
laat ons, soos die •doderyk,
hulle lewend verslind, volledig,
soos dié wat afdaal in die put.
Allerlei kosbare besittings
sal ons vind;
ons sal ons huise vol maak met buit.
Deel jou lot met ons;
ons sal almal net een beursie hê.”
My seun, moenie saam met hulle
op die pad gaan nie,
hou jou voet terug van hulle paaie;
want na die kwaad
hardloop hulle voete;
hulle is haastig om bloed te vergiet.
Ja, tevergeefs
word 'n net uitgesprei,
waar elke voël met vlerke dit sien;
maar hierdie manne
stel 'n hinderlaag op
vir hulle eie bloedvergieting;
hulle stel 'n lokval vir hulleself!
So verloop die lewenspad
van elkeen wat onregverdige wins maak –
dit kos die een wat dit verkry,
sy lewe.Spreuke 1:7-19 - Ontsag vir die HERE
is die begin van kennis;
wysheid en vermaning –
net sotte verag dit.

My seun, luister na die
vermaning van jou vader,
en moenie die onderrig van jou
moeder verontagsaam nie;
want dit is 'n bekoorlike krans
vir jou kop,
en halssnoere vir jou nek.
My seun, as sondaars jou wil verlei,
moenie instem nie.
As hulle sê:
“Gaan saam met ons;
laat ons 'n hinderlaag opstel
vir bloedvergieting;
laat ons 'n onskuldige voorlê
sonder rede;
laat ons, soos die •doderyk,
hulle lewend verslind, volledig,
soos dié wat afdaal in die put.
Allerlei kosbare besittings
sal ons vind;
ons sal ons huise vol maak met buit.
Deel jou lot met ons;
ons sal almal net een beursie hê.”
My seun, moenie saam met hulle
op die pad gaan nie,
hou jou voet terug van hulle paaie;
want na die kwaad
hardloop hulle voete;
hulle is haastig om bloed te vergiet.
Ja, tevergeefs
word 'n net uitgesprei,
waar elke voël met vlerke dit sien;
maar hierdie manne
stel 'n hinderlaag op
vir hulle eie bloedvergieting;
hulle stel 'n lokval vir hulleself!
So verloop die lewenspad
van elkeen wat onregverdige wins maak –
dit kos die een wat dit verkry,
sy lewe.Spreuke 1:7-19 - Ontsag vir die HERE
is die begin van kennis;
wysheid en vermaning –
net sotte verag dit.

My seun, luister na die
vermaning van jou vader,
en moenie die onderrig van jou
moeder verontagsaam nie;
want dit is 'n bekoorlike krans
vir jou kop,
en halssnoere vir jou nek.
My seun, as sondaars jou wil verlei,
moenie instem nie.
As hulle sê:
“Gaan saam met ons;
laat ons 'n hinderlaag opstel
vir bloedvergieting;
laat ons 'n onskuldige voorlê
sonder rede;
laat ons, soos die •doderyk,
hulle lewend verslind, volledig,
soos dié wat afdaal in die put.
Allerlei kosbare besittings
sal ons vind;
ons sal ons huise vol maak met buit.
Deel jou lot met ons;
ons sal almal net een beursie hê.”
My seun, moenie saam met hulle
op die pad gaan nie,
hou jou voet terug van hulle paaie;
want na die kwaad
hardloop hulle voete;
hulle is haastig om bloed te vergiet.
Ja, tevergeefs
word 'n net uitgesprei,
waar elke voël met vlerke dit sien;
maar hierdie manne
stel 'n hinderlaag op
vir hulle eie bloedvergieting;
hulle stel 'n lokval vir hulleself!
So verloop die lewenspad
van elkeen wat onregverdige wins maak –
dit kos die een wat dit verkry,
sy lewe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 1:7-19