Numeri 7

7
Offergawes van die stamleiers
1 Op die dag toe Moses die •tabernakel klaar opgerig het, het hy dit gesalf en dit met al die gereedskap, asook die altaar met al die gereedskap, geheilig. Toe hy dit gesalf en geheilig het, 2 het die leiers van Israel, die hoofde van hulle families – dit is die leiers van die stamme, hulle wat met die inskrywing bystand verleen het – offergawes aangebied. 3Hulle het hulle offergawes gebring na die Here se teenwoordigheid: ses waens met seile oor en twaalf beeste, 'n wa namens twee leiers en 'n bees namens elkeen. Hulle het dit aangebied voor die tabernakel.
4Die Here het vir Moses gesê: 5“Aanvaar dit van hulle sodat dit gebruik kan word vir die werk by die Tent van Ontmoeting. Jy moet dit vir die Leviete gee, vir elkeen in ooreenstemming met sy taak.”
6Moses het die waens en die beeste geneem en dit vir die Leviete gegee. 7 Twee waens en vier beeste het hy vir die nageslag van Gerson gegee, in ooreenstemming met hulle taak. 8 Vier waens en agt beeste het hy vir die nageslag van Merari, onder beheer van Itamar, seun van die priester Aäron, gegee, in ooreenstemming met hulle taak. 9 Maar vir die nageslag van Kehat het hy niks gegee nie, want die hantering van die heilige voorwerpe was hulle verantwoordelikheid. Hulle moes dit op hulle skouers dra.
10 Die leiers het offergawes vir die wyding van die altaar aangebied op die dag toe dit gesalf is. Toe die leiers hulle offergawes voor die altaar aanbied, 11het die Here vir Moses gesê: “Laat een leier per dag sy offergawe vir die wyding van die altaar aanbied.”
12 Die een wat sy offergawe op die eerste dag aangebied het, was Nagson, seun van Amminadab, uit die stam van Juda. 13Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n •graanoffer;
141 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
151 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as •brandoffer;
161 bokram as •reinigingsoffer;
17 as •maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Nagson, seun van Amminadab.
18Op die tweede dag het Netanel, seun van Suar, leier van Issaskar sy offergawe aangebied. 19Hy het die volgende as sy offergawe aangebied:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
201 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
211 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
221 bokram as reinigingsoffer;
23as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Netanel, seun van Suar.
24Op die derde dag was dit die leier van die nageslag van Sebulon, Eliab, seun van Gelon. 25Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
261 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
271 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
281 bokram as reinigingsoffer;
29as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Eliab, seun van Gelon.
30Op die vierde dag was dit die leier van die nageslag van Ruben, Elisur, seun van Sedeür. 31Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
321 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
331 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
341 bokram as reinigingsoffer;
35as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Elisur, seun van Sedeür.
36Op die vyfde dag was dit die leier van die nageslag van Simeon, Selumiël, seun van Suri-Saddai. 37Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
381 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
391 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
401 bokram as reinigingsoffer;
41as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Selumiël, seun van Suri-Saddai.
42Op die sesde dag was dit die leier van die nageslag van Gad, Eljasaf, seun van Deüel. 43Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
441 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
451 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
461 bokram as reinigingsoffer;
47as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Eljasaf, seun van Deüel.
48Op die sewende dag was dit die leier van die nageslag van Efraim, Elisama, seun van Ammihud. 49Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
501 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
511 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
521 bokram as reinigingsoffer;
53as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Elisama, seun van Ammihud.
54Op die agtste dag was dit die leier van die nageslag van Manasse, Gamliël, seun van Pedasur. 55Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
561 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
571 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
581 bokram as reinigingsoffer;
59as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Gamliël, seun van Pedasur.
60Op die negende dag was dit die leier van die nageslag van Benjamin, Abidan, seun van Gidoni. 61Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
621 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
631 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
641 bokram as reinigingsoffer;
65as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Abidan, seun van Gidoni.
66Op die tiende dag was dit die leier van die nageslag van Dan, Agiëser, seun van Ammi-Saddai. 67Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
681 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
691 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
701 bokram as reinigingsoffer;
71as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Agiëser, seun van Ammi-Saddai.
72Op die elfde dag was dit die leier van die nageslag van Aser, Pagiël, seun van Ogran. 73Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
741 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
751 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
761 bokram as reinigingsoffer;
77as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Pagiël, seun van Ogran.
78Op die twaalfde dag was dit die leier van die nageslag van Naftali, Agira, seun van Enan. 79Sy offergawe was:
1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
801 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
811 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
821 bokram as reinigingsoffer;
83as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers.
Dit was die offergawe van Agira, seun van Enan.
84 Dit was, van die kant van die leiers van Israel, offergawes vir die wyding van die altaar die dag toe dit gesalf is: 12 silwerskottels, 12 silwer-offerbakke, 12 goue bakke. 85Elke silwerskottel was 130 sikkel silwer en elke silwer-offerbak 70 sikkel silwer; al die silwer van die gereedskap was saam 2 400 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. 86Daar was 12 goue bakke vol reukwerk, elke bak was 10 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Al die goud van die bakke was saam 120 sikkel. 87Al die vee vir die brandoffer was 12 bulle, 12 ramme, 12 jaaroud ramlammers, met die bypassende graanoffer. Daar was 12 bokramme vir die reinigingsoffer. 88Al die vee vir die maaltydoffer was 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme, en 60 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawes vir die wyding van die altaar nadat dit gesalf is.
89 Wanneer Moses in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met die Here te praat, het hy die stem gehoor wat met hom praat vanaf die versoendeksel op die ark met die Getuienis, van tussen die twee gerubs af. So het die Here met hom gepraat.

Tans Gekies:

Numeri 7: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid