Numeri 21:6-8

Numeri 21:6-8 AFR20

Die HERE het toe giftige slange onder die volk ingestuur en hulle het die volk gepik. Baie mense van die volk Israel het gesterf. Die volk het na Moses gekom en gesê: “Ons het gesondig, want ons het teen die HERE en teen jou uitgevaar. Bid tot die HERE dat Hy die slange van ons af wegneem.” Moses het toe vir die volk gebid. Die HERE het vir Moses gesê: “Maak vir jou 'n slang en sit dit op 'n paal, dan sal elkeen wat gepik is en daarna kyk, bly leef.”