Markus 7:31-37

Markus 7:31-37 AFR20

Jesus het weer uit die gebied van Tirus vertrek en deur Sidon na die See van Galilea gegaan, deur die gebied van Dekapolis. Hulle bring toe iemand wat doof was en met 'n spraakgebrek na Hom, en smeek Hom om die man die hande op te lê. Nadat Hy die man eenkant toe geneem het, weg van die skare af, het Hy sy vingers in die man se ore gesteek, gespoeg en sy tong aangeraak. Nadat Hy na die hemel opgekyk het, sug Hy en sê vir hom: “Effata!” dit is, ‘Gaan oop!’ En dadelik is sy ore geopen, die band van sy tong losgemaak, en hy kon normaal praat. Jesus het hulle beveel om dit aan niemand te vertel nie. Maar hoe meer Hy hulle dit beveel het, hoe meer het hulle dit uitbasuin. Hulle was uitermate verwonderd en het gesê: “Hy het alles goed gedoen – selfs dowes laat Hy hoor en stommes laat Hy praat.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid