Markus 1:1-7

Markus 1:1-7 AFR20

Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die •Seun van God. Soos daar in die profeet Jesaja geskryf staan, “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit – hy sal jou pad gereedmaak. 'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad van die Here gereed, maak sy paaie reguit!’ ” – so het Johannes gekom. Hy het in die woestyn gedoop en 'n doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig. Die hele landstreek van Judea en almal in Jerusalem het na hom gegaan, en hulle is deur hom in die Jordaanrivier gedoop, terwyl hulle hulle sondes bely het. Johannes het 'n kleed van kameelhaar gedra, met 'n leergordel om sy heupe , en hy het sprinkane en wilde heuning geëet. Hy het gepreek en gesê: “Ná my kom Hy wat sterker as ek is. Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van sy sandale los te maak nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid