Lukas 13:23-30

Lukas 13:23-30 AFR20

Iemand het vir Hom gevra: “Meneer, is diegene wat verlos word, min?” En Hy het vir hulle gesê: “Beywer julle om by die smal deur in te gaan, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. As die huisbaas eers opgestaan en die deur gaan sluit het, en julle staan buite en klop aan die deur en roep, ‘Meneer, maak vir ons oop!’ sal hy julle antwoord, ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’ Dan sal julle begin sê, ‘Ons het saam met u geëet en gedrink, en u het in ons strate onderrig gegee.’ Maar hy sal vir julle sê, ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg van my af, julle almal wat onreg pleeg. ’ Daar sal 'n geween wees en 'n gekners van tande wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die •koninkryk van God sien, maar julle uitgewerp word na buite. Mense sal uit die ooste en die weste, die noorde en die suide kom aanleun om te eet in die koninkryk van God. En kyk, wie laaste is, sal eerste wees, en wie eerste is, sal laaste wees.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid