LUKAS 13:23-30

LUKAS 13:23-30 NLV

Iemand het Hom gevra: “Here, sal net ’n paar mense verlos word?” Hy het geantwoord: “Die deur na die koninkryk van God is nou. Werk hard om in te gaan, want baie sal probeer ingaan, maar dit nie regkry nie. Wanneer die eienaar die deur gesluit het, sal julle buite staan en aan die deur klop en smeek: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’ Julle sal sê: ‘Maar ons het dan saam met U geëet en gedrink, en U het in ons strate onderrig.’ En Hy sal antwoord: ‘Ek sê vir julle, Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg, julle almal wat kwaad doen.’ “En daar sal groot gehuil en gekners van tande wees, want julle sal vir Abraham, Isak, Jakob en al die profete in die koninkryk van God sien, maar julle sal uitgegooi word. Dan sal mense van oral oor die wêreld kom om hulle feesplekke in te neem in die koninkryk van God. En onthou: party wat nou verag word, sal dan grootliks vereer word; en party wat nou grootliks vereer word, sal dan verag word.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid