Jesaja 53:4-7

Jesaja 53:4-7 AFR20

Nogtans, ons siektes, hy het dit gedra, en ons smarte, hy het dit op hom gelaai. Maar ons het hom beskou as iemand wat gekasty word, geslaan deur God, en verneder. Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing. Ons almal het soos kleinvee gedwaal, elkeen van ons het sy eie koers ingeslaan; maar die HERE het ons almal se sondeskuld op hom laat neerkom. Hy is mishandel, maar hy het hom daaraan onderwerp en nie sy mond oopgemaak nie – soos 'n skaap wat ter slagting gebring word, soos 'n ooi wat voor haar skeerders stom is. Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid