Efesiërs 3:1-12

Efesiërs 3:1-12 AFR20

Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van •Christus Jesus, ter wille van julle, die heidene. Julle het tog gehoor dat die taak van die bediening van God se genade teenoor julle aan my toevertrou is. Deur openbaring is die geheimenis aan my bekend gemaak, soos ek reeds kortliks geskryf het. Wanneer julle dit lees, sal julle daardeur my insig in die geheimenis van Christus kan begryp. Die geheimenis is nie aan vorige geslagte onder die mensdom bekend gemaak, soos dit tans deur die Gees aan sy heilige •apostels en profete geopenbaar is nie, naamlik dat die heidene deur die evangelie mede-erfgename, medelede van die liggaam en deelgenote aan die belofte in Christus Jesus is. Van dié evangelie het ek 'n dienaar geword, ooreenkomstig die gawe van God se genade wat aan my betoon is volgens die werking van sy krag. Aan my, minder as die geringste van al die •heiliges, is hierdie genade geskenk, om aan die heidene die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig, en om almal in te lig wat die uitvoering van die geheimenis is wat vir eeue lank verborge was in God, wat alle dinge geskep het. Gevolglik kan die ryklik geskakeerde wysheid van God nou deur die •kerk aan die owerhede en die magte in die hemel bekend gemaak word, ooreenkomstig sy ewige voorneme, wat Hy gemaak het in Christus Jesus, ons Here. In Hom het ons, deur ons geloof in Hom, 'n seker en vrymoedige toegang tot God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Efesiërs 3:1-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid