Amos 5:18-27

Amos 5:18-27 AFR20

Wee dié wat uitsien na die dag van die HERE. Wat hou dit vir julle in? Die dag van die HERE is duisternis, nie lig nie, soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer val hom aan. As hy wel in die huis kom en met sy hand teen die muur leun, dan pik 'n slang hom. Die dag van die HERE, is dit nie duisternis, en nie lig nie, donker met geen ligglans nie? “ Ek haat, Ek verwerp julle feeste; Ek wil julle feesvierings nie ruik nie. Ja, selfs al lê julle vir My •brandoffers en julle •graanoffers op die altaar, Ek aanvaar dit nie; 'n •maaltydoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie raak nie. Hou die lawaai van julle liedere weg van My; die klank van julle harpe wil Ek nie hoor nie. Laat die reg voortrol soos water en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom. Het julle slagoffers en graanoffers vir My gebring, die veertig jaar in die woestyn, huis van Israel? Julle sal Sakkoet, julle koning, en Kajjawan, julle beelde, die ster van julle gode wat julle vir julle gemaak het, moet dra. Ek gaan julle tot anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer,” het die HERE gesê. God wat Heerser is oor alle magte, is sy Naam.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Amos 5:18-27

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid