1 Samuel 16:3-6

1 Samuel 16:3-6 AFR20

Nooi jy dan vir Isai na die offer en Ek sal jou meedeel wat jy moet doen. Jy moet vir My die een salf wat Ek vir jou sal sê. ” Samuel het gedoen wat die HERE gesê het. Toe hy in Betlehem aankom, kom die oudstes van die stad hom bewend tegemoet en vra: “Beteken u koms vrede?” Hy het gesê: “Ja, vrede! Om aan die HERE 'n offer te bring – dit is waarvoor ek gekom het. Heilig julleself en kom saam met my na die •maaltydoffer.” Hy het Isai en sy seuns toe geheilig en hulle na die maaltydoffer genooi. Toe hulle inkom en hy vir Eliab sien, het hy gedink: “Sekerlik, hier staan, voor die HERE, sy gesalfde!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid