1 SAMUEL 16:3-6

1 SAMUEL 16:3-6 NLV

Nooi Isai ook na die offer. Dan sal Ek jou sê watter een van sy seuns jy vir My moet salf.” Samuel het gedoen wat die HERE beveel het. Toe Samuel in Betlehem aankom, was die leiers van die dorp bang. Hulle vra hom toe: “Wat is verkeerd? Kom u in vrede?” “Ja, in vrede,” antwoord Samuel. “Ek het gekom om ’n offer aan die HERE te bring. Sorg dat julle die reinigingseremonie uitgevoer het sodat julle saam met my daaraan kan deelneem.” Hy het Isai en sy seuns self gereinig en na die geleentheid genooi. Toe hulle daar aankom, kyk hy na Eliab en dink: “Dis sekerlik die HERE se gesalfde!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid