1 Petrus 4:12-19

1 Petrus 4:12-19 AFR20

Geliefdes, moenie verbaas wees wanneer 'n vurige beproewing oor julle kom, asof iets vreemds met julle gebeur nie; wees eerder bly, namate julle deel het aan die lyding van •Christus, sodat julle ook by die bekendmaking van sy heerlikheid uitbundig sal kan jubel. As julle ter wille van Christus se Naam beledig word – gelukkig is julle, omdat die Gees van heerlikheid, dit is die Gees van God, op julle rus. Niemand van julle moet immers as moordenaar of dief of kwaaddoener of bemoeisieke ly nie; as iemand egter ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik op grond van hierdie Naam. Dit is immers tyd dat die oordeel begin, en wel by die huishouding van God. As dit by ons begin, wat sal dan die uiteinde wees van hulle wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? Want: “As die •regverdige beswaarlik verlos word, wat sal van die goddelose en sondaar word?” Dus moet ook hulle wat, in ooreenstemming met die wil van God, ly, hulle lewe aan die getroue Skepper toevertrou deur te doen wat goed is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Petrus 4:12-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid