Lukas 1:46-55

Lukas 1:46-55 ABA

Toe het Maria gesê: Ek prys die Here met my hele hart. My hart is bly oor God wat my red. Hy het my gesien en gehelp, vir my, sy nederige dienaar. Van nou af sal al die mense sê ek is baie gelukkig, want God wat alles kan doen, het wonderlike dinge vir my gedoen. Sy Naam is heilig. Hy sal altyd goed wees vir die mense wat Hom eer. Hy het gewys Hy is sterk. Hy het die hoogmoedige mense weggejaag na al die kante toe. Hy het konings laat ophou regeer, maar Hy het mense wat nie belangrik is nie, belangrik gemaak. Hy het vir honger mense genoeg kos gegee, maar vir die ryk mense het Hy niks gegee nie. Hy het sy volk Israel gehelp, Hy het onthou dat Hy belowe het om goed te wees vir hulle, vir ons voorvaders, vir Abraham en sy nageslag, vir altyd.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid