Levitikus 12

12
Vroue wat kinders kry
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer 'n vrou swanger word en sy kry 'n seun, dan sal sy sewe dae lank onrein wees. Dit sal wees soos wanneer sy menstrueer. 3Sy moet die seuntjie laat besny op die agste dag. 4Wanneer sy opgehou het om te bloei, dan moet sy nog 33 dae lank wag om heeltemal rein te word. In hierdie tyd mag sy nie raak aan iets wat gewyd is nie en sy mag nie in die gewyde plek kom nie.
5“As sy 'n dogter kry, dan sal sy twee weke lank onrein wees soos wanneer sy menstrueer. Sy moet 66 dae lank wag om heeltemal rein te word, wanneer sy opgehou het om te bloei.
6“Wanneer die tyd verby is en sy is weer rein, dan moet sy 'n jaaroud lam bring om 'n brand-offer te wees en 'n makduif of 'n tortelduif om 'n sonde-offer te wees. Sy moet dit na die priester toe bring by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. 7Die priester moet dan die lam en die duif offer vir die Here. So moet hy versoening doen vir die vrou. Daarna is sy rein nadat sy opgehou het om te bloei. Dit is wat moet gebeur met 'n vrou wat 'n baba kry. 8As sy nie 'n skaap kan bring nie, dan moet sy twee tortelduiwe of twee makduiwe bring. Die een duif is 'n brand-offer en die ander duif is 'n sonde-offer. So moet die priester versoening doen vir haar en sê dat sy weer rein is.”

Tans Gekies:

Levitikus 12: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid