Jakobus 4:8-11

Jakobus 4:8-11 ABA

Julle moet nader kom na God toe, dan sal Hy nader kom na julle toe. Julle is mense wat sonde doen, julle moet ophou om verkeerde dinge te doen. Julle is vals en julle doen nie wat julle sê nie, julle moet ophou om verkeerde dinge te dink. Julle moet besef dat dit baie sleg gaan met julle, julle moet huil en treur. Julle is nou vrolik, maar julle moet hartseer word. Julle is nou bly, maar julle moet ophou om bly te wees, en julle moet weet dat julle nie goed genoeg is nie. Julle moet vir die Here wys dat julle nie dink julle is belangrik nie. Dan sal Hy julle belangrik maak. My vriende, julle moenie slegte dinge sê van mekaar nie. Wanneer iemand slegte dinge sê van sy vriend of wanneer hy sê sy vriend doen verkeerd en God moet hom straf, dan sê hy slegte dinge van God se wette en hy sê dat die wette verkeerd is. En as jy sê dat die wette verkeerd is, dan doen jy nie wat die wette sê nie, maar dan is jy die regter wat die wette oordeel.

Versbeelde vir Jakobus 4:8-11

Jakobus 4:8-11 - Julle moet nader kom na God toe, dan sal Hy nader kom na julle toe. Julle is mense wat sonde doen, julle moet ophou om verkeerde dinge te doen. Julle is vals en julle doen nie wat julle sê nie, julle moet ophou om verkeerde dinge te dink. Julle moet besef dat dit baie sleg gaan met julle, julle moet huil en treur. Julle is nou vrolik, maar julle moet hartseer word. Julle is nou bly, maar julle moet ophou om bly te wees, en julle moet weet dat julle nie goed genoeg is nie. Julle moet vir die Here wys dat julle nie dink julle is belangrik nie. Dan sal Hy julle belangrik maak.

My vriende, julle moenie slegte dinge sê van mekaar nie. Wanneer iemand slegte dinge sê van sy vriend of wanneer hy sê sy vriend doen verkeerd en God moet hom straf, dan sê hy slegte dinge van God se wette en hy sê dat die wette verkeerd is. En as jy sê dat die wette verkeerd is, dan doen jy nie wat die wette sê nie, maar dan is jy die regter wat die wette oordeel.Jakobus 4:8-11 - Julle moet nader kom na God toe, dan sal Hy nader kom na julle toe. Julle is mense wat sonde doen, julle moet ophou om verkeerde dinge te doen. Julle is vals en julle doen nie wat julle sê nie, julle moet ophou om verkeerde dinge te dink. Julle moet besef dat dit baie sleg gaan met julle, julle moet huil en treur. Julle is nou vrolik, maar julle moet hartseer word. Julle is nou bly, maar julle moet ophou om bly te wees, en julle moet weet dat julle nie goed genoeg is nie. Julle moet vir die Here wys dat julle nie dink julle is belangrik nie. Dan sal Hy julle belangrik maak.

My vriende, julle moenie slegte dinge sê van mekaar nie. Wanneer iemand slegte dinge sê van sy vriend of wanneer hy sê sy vriend doen verkeerd en God moet hom straf, dan sê hy slegte dinge van God se wette en hy sê dat die wette verkeerd is. En as jy sê dat die wette verkeerd is, dan doen jy nie wat die wette sê nie, maar dan is jy die regter wat die wette oordeel.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jakobus 4:8-11