Genesis 2:5-7

Genesis 2:5-7 ABA

was daar nog nie plante in die veld op die aarde nie. Daar het nog nie plante gegroei nie, want die Here God het nog nie reën op die aarde laat val nie. Daar was ook nog nie 'n mens wat in die grond kon werk nie. Daar het water uit die aarde opgekom en die water het die grond natgemaak. Toe het die Here God stof geneem uit die grond en Hy het van die stof 'n mens gemaak. Die Here God het asem in die mens se neus geblaas, en die mens het begin lewe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 2:5-7