Hanna het gebid en gesê: “Ek is vrolik, want die Here is by my. Ek is sterk, want die Here is by my. Ek lag vir my vyande, want U het my gered, en ek is bly. Daar is nie 'n ander heilige God soos die Here nie, net U is God, daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie 'n ander Rots soos ons God nie. Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat 'n mens doen. Die pyl en boog van mense wat oorlog maak, is stukkend, maar die mense wat geval het, staan weer op en hulle is sterk. Mense wat altyd meer kos gehad het as wat hulle kon eet, moet nou werk om 'n stukkie kos te kry. Maar mense wat altyd honger was, het nou genoeg om te eet. 'n Vrou wat nie kinders kon kry nie, het nou sewe kinders, en 'n vrou wat baie kinders gehad het, het nou niks kinders nie. Die Here maak dood en Hy laat mense weer lewe, Hy laat mense afgaan na die doderyk en Hy laat mense opkom uit die doderyk. Die Here maak mense arm en Hy maak mense ryk, Hy laat mense val en Hy tel mense op. Hy laat arm mense opstaan uit die stof, Hy tel hulle op uit die ashoop. Hy laat hulle by die belangrike mense sit, Hy gee vir hulle die belangrikste plek om te sit. Die pilare van die aarde behoort aan die Here, Hy het die aarde op die pilare gesit. Die Here lei sy dienaars op hulle pad, maar die slegte mense sal in die donker kom en sterf. Hulle eie krag sal hulle nie help om te wen nie. Die mense wat sê die Here is verkeerd, sal sterf. Die Here laat donderweer uit die lug oor hulle blits. Die Here sal al die mense op die aarde oordeel, en Hy sal sy koning wat Hy gesalf het, sterk maak.”
Lees 1 Samuel 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 2:1-10
4 Days
Far too often, life’s challenges and questions cause people to fight feelings of doubt and despair, as they search endlessly for hope. In Singing in the Dark, Ginny Owens introduces the reader to powerful ways of drawing closer to God and how the elements of music, prayer, and lament offer rich, vibrant, and joyful communion with Him, especially on the darkest days.
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's