’n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie. Wat ’n mens sê, kan goeie dinge vir jou bring. Hulle wat afvallig is, soek net na geweld. Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer. Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skande oor hulleself. Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheid vernietig die sondaar. Sommige mense gee voor hulle is ryk, maar hulle het eintlik niks nie. Ander maak of hulle arm is, maar intussen besit hulle baie. Die ryk man het geld om homself mee los te koop. Die arm man kan nooit afgedreig word nie. Die lewe van die regverdiges is vol vreugde. Die lewenslig van goddeloses word uitgedoof. Selfvoldaanheid lei altyd tot rusies. Hulle wat na ander luister, het wysheid. Rykdom wat maklik kom, verdwyn net so maklik. Wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, het naderhand baie. Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee. Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk. Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood. Mense het respek vir iemand wat goeie insig het. ’n Onbetroubare mens loop ’n pad van vernietiging. ’n Verstandige mens dink voor hy iets doen. Dwase mense verkondig hulle dwaasheid aan die wêreld. ’n Onbetroubare boodskapper kry moeilikheid. ’n Gesant wat jy kan vertrou, bring voorspoed. Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ’n teregwysing ter harte neem, ontvang eer. Begeertes wat vervul word, bring vreugde; dwase mense het ’n afkeer daaraan om kwaad te vermy. Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.
Lees SPREUKE 13
Luister na SPREUKE 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 13:1-20
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's