Iemand uit die skare het Hom geantwoord: “Leermeester, ek het my kind na U toe gebring omdat hy ’n bose gees het wat hom stom maak. Elke keer as die gees hom gryp, gooi hy hom teen die grond; hy kry skuim om sy mond en hy kners op sy tande; en hy word stokstyf. Ek het vir u dissipels gevra om die gees uit te dryf, maar hulle kon dit nie regkry nie.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle ongelowige mense! Hoe lank moet Ek nog by julle wees voordat julle glo? Hoe lank moet Ek dit nog uithou met julle? Bring die kind hier.” Hulle bring hom toe vir Jesus. Toe die gees Jesus sien, het hy die seun dadelik stuiptrekkings laat kry, en hy het op die grond neergeval en rondgerol met skuim om sy mond. Jesus vra toe vir die pa: “Hoe lank gebeur dit nou al met hom?” “Van kleins af,” was sy antwoord. “Die gees het hom al baie keer probeer doodmaak deur hom in die vuur of in die water te laat val. Kry ons tog jammer en help ons as U kan!” “As Ek kan, sê jy,” het Jesus hom geantwoord. “As ’n mens glo, is álles moontlik!” “Ek glo!” roep die kind se pa dadelik uit. “Help my tog om nie meer te twyfel nie!” Toe Jesus sien dat daar ’n massa mense aangehardloop kom, het Hy die onrein gees skerp aangespreek: “Gees, jy wat hierdie kind stom en doof maak, Ek beveel jou, gaan uit hom uit en moet nooit weer terugkom nie.” Die gees het toe geskree en die kind hewige stuiptrekkings laat kry voordat hy uit hom uitgegaan het. Die kind het daar vir dood bly lê sodat baie mense gesê het: “Hy ís dood!” Jesus het hom egter aan die hand gevat om hom op te help, en hy het opgestaan.
Lees MARKUS 9
Luister na MARKUS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 9:17-27
5 Days
We all face difficult circumstances, culture clashes, and personal struggles. Life can be like fighting in a battle. This is a devotional series that will encourage and strengthen you for the spiritual battles you will face in life.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
7 Days
What if doubt isn’t the opposite of faith but a doorway to a deeper faith? In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, Doubting God, we’ll discover that doubts don’t make you a bad Christian. In fact, they might just be a necessary ingredient to discipleship.
10 Days
For anyone who wants to make room for God but hates fasting, I have just the thing for you—a 10-day reading plan based on the book, Fast Like Daniel! The Daniel Fast CHANGED MY LIFE, and I’ve watched everyone who has really engaged in this fast receive something great from God! Get ready to plug into Him and watch God create life change!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's