Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ’n genadegawe gegee. Daarom sê die Skrif: “Toe Hy in die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes meegevoer en geskenke aan die mense gegee.” Wat beteken “Hy het opgevaar” anders as dat Hy eers vooraf moes neergedaal het na dit wat laer is, naamlik na die aarde toe? Dieselfde Persoon wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het tot ver bo die wolke- en sterrehemel sodat Hy die heelal met sy teenwoordigheid kan vul. Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen. Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof. Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.
Lees EFESIËRS 4
Luister na EFESIËRS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 4:7-16
4 Days
Many people settle for racial tolerance instead of oneness. We’ll indulge differing races. Maybe we’ll even attend racial rallies. But when the event is over, we go our separate ways. This shows us that it takes more than a smile, handshake and a friendly “hello” to bridge this racial gap. In this 4-day reading plan, Dr. Tony Evans will take you on a journey toward biblical unity.
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
6 Days
The Bible is full of people to emulate, not all of them “able-bodied.” Representation is important, and God gets that! If you or someone you love lives with a disability or difference, this Bible Plan may help you see the way God has chosen to use differences of every kind to accomplish His will. Read on to learn from five different and disabled people in the Bible.
21 Days
Ephesians is rich with truths about God and his saving work in us. This plan is designed to help you dig deeper into this text, while learning more about God and yourself. The daily six step rhythm will help you to establish a habit of reading and engaging with God’s Word. This plan is brought to you by the Christian Standard Bible (CSB). Learn more at CSBible.com.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's