AMOS 5:18-27

AMOS 5:18-27 NLV

Daar wag ’n ontnugtering op julle wat uitsien na die Dag van die HERE. Waarom wens julle dat die Dag van die HERE moet kom? Dit gaan ’n donker dag wees, nie ’n dag van lig nie. Dit sal wees soos iemand wat weghardloop vir ’n leeu, maar hom vasloop teen ’n beer. En wanneer hy by die huis kom en met sy hand leun teen die muur, word hy deur ’n slang gepik. Die Dag van die HERE sal ’n donker dag wees, sonder enige lig van hoop. ’n Somber en uitsiglose dag! “Ek haat, Ek verafsku julle feeste. Ek vind geen plesier in julle samekomste nie. Ek sal nie julle brandoffers en graanoffers aanvaar nie. Ek sal My nie eers steur aan die vetgemaakte diere wat julle as offers bring nie. Hou op om lofliedere te sing, dit is net ’n geraas! Ek sal ook nie na die melodieë van julle harpe luister nie. Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien, ’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie. “Israel, was dit vir My dat julle 40 jaar lank brandoffers en graanoffers in die woestyn gebring het? Nee, dit was eerder vir die koninggod Sikkut en die stergod Kijun wat julle self gemaak en saamgedra het. Daarom sal Ek julle wegstuur in ballingskap, na ’n land oos van Damaskus.” Dit sê Hy wat genoem word die HERE God, die Almagtige.

Gratis leesplanne en oordenkings oor AMOS 5:18-27

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid