Elia het van daar af vertrek en Elisa seun van Safat teëgekom waar hy besig was om met twaalf spanne van twee osse elk ’n landery om te ploeg. Hy was besig om met die twaalfde span te ploeg. Elia het na hom toe geloop en sy mantel oor sy skouers gegooi. Elisa het die osse net daar laat staan en agter Elia aangehardloop. Hy sê vir hom: “Laat ek tog net my pa en ma groet, dan sal ek saam met u gaan.” Elia antwoord hom: “Gaan maar! Ek staan nie in jou pad nie!” Elisa het toe teruggegaan en twee osse geslag. Hy het die jukke opgekap vir brandhout en die vleis gebraai. Hy het die vleis gegee aan die ander wat saam met hom geploeg het en hulle het geëet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.
Lees 1 KONINGS 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KONINGS 19:19-21
5 Dae
By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.
By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.
7 Days
Love well, and you’ll bring health and healing to every relationship. Pastor Dave Willis shares the “7 Laws of Love” found in Scripture and offers practical advice for putting love into action. As you better understand and put love into practice, you’ll experience the beauty of real love in new and profound ways.
13 Days
Elisha is one of the most fascinating people found in God’s word. He was a prophet whose faith and miracles seem almost ridiculous. During this 13-day reading plan you will read through the life of Elisha and learn from his example of what life can look like when you let go and decide to live with ridiculous faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's