Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KONINGS 19:19

As ek weer kon sê
5 Dae
By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.

As ek weer kon sê (vir groepe)
5 Dae
By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.

Sewe Wette van Liefde
7 Dae
Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorgaan. Soos wat jy 'n beter begrip kry en liefde in die praktyk uitleef, sal jy die skoonheid van opregte liefde op nuwe en wonderbaarlike maniere ervaar.

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike Geloof
13 Dae
Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit sy voorbeeld leer hoe die lewe kan wees wanneer jy jou oorgee en besluit om met "belaglike" geloof te leef.