1
Numeri 21:8
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
יהוה sê vir Mosheh: “Maak vir jou ’n giftige slang en sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.”
Vergelyk
Verken Numeri 21:8
2
Numeri 21:9
Mosheh het ’n koper slang gemaak en dit op ’n paal gesit en so was dit dat as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koper slang, hy geleef het.
Verken Numeri 21:9
3
Numeri 21:5
Die volk het teen God en teen Mosheh gepraat: “Waarom het U ons uit Mitzrayim laat opkom om in die wildernis te sterf, want daar is geen brood en geen water nie en ons liggame walg van hierdie nuttelose kos.”
Verken Numeri 21:5
4
Numeri 21:6
יהוה het giftige slange onder die volk gestuur wat die volk gebyt het en baie van die mense van Yisra’el het gesterf
Verken Numeri 21:6
5
Numeri 21:7
daarom het die mense na Mosheh toe gekom en gesê: “Ons het gesondig, want ons het teen יהוה en teen u gepraat. Tree in voor יהוה dat Hy die slange van ons af wegvat.” Mosheh het vir die volk ingetree.
Verken Numeri 21:7