1
Numeri 20:12
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
יהוה sê vir Mosheh en Aharon: “Omdat julle My nie vertrou het om My as Afgesonderd voor die oë van die seuns van Yisra’el te behandel nie; daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.”
Vergelyk
Verken Numeri 20:12
2
Numeri 20:8
“Vat die staf en laat die vergadering bymekaarkom, jy en jou broer Aharon. Praat met die rots voor hulle oë sodat dit water kan voortbring. So moet jy vir hulle water uit die rots laat kom en die vergadering en hulle vee laat drink.”
Verken Numeri 20:8
3
Numeri 20:11
Mosheh het sy hand opgetel en die rots twee maal met sy staf geslaan, water het in oorvloed uitgekom en die vergadering en hulle vee het gedrink.
Verken Numeri 20:11
4
Numeri 20:10
Mosheh en Aharon het die vergadering voor die rots laat bymekaarkom en hy het vir hulle gesê: “Luister nou, julle rebelle! Moet ons vir julle water uit hierdie rots laat kom?”
Verken Numeri 20:10